fbpx

Hoërskool Wesvalia

Wie is Hoërskool Wesvalia?

Vandat mnr. W. R. Hindley as waarnemende hoof die sleutels van die administratiewe deel op 29 November 1974 in ontvangs geneem het – is die woorde van die skoollied: “Wesvalia het gegroei“ bevestig.

Die verhaal van ons groei is ‘n mooi verhaal vol glinsterende hoogtepunte. Die skool het op 6 Januarie 1975 vir die personeel geopen en aanvanklik bekend as Derde Afrikaans medium Hoërskool. Die skool het op 8 Januarie 1975 sy eerste leerlinge ontvang.

Jan Carl Hindley was die eerste ingeskrewe leerling en daar is afgeskop met vyf st.6- en vier st. 7 – klasse, met 232 leerlinge. Die skoolrooster was reeds deur die hoof opgestel toe die skool begin het en handboeke en skrifte was beskikbaar . Binne twee dae het die klasse gewissel.