fbpx

Laerskool Fochville

Wie is Laerskool Fochville?

By Laerskool  Fochville poog ons daarin om die balans  te kry  tussen  maksimum  stimulasie,  prestasie  en ontwikkeling, sonder om onnodige druk  op leerlinge  te plaas.  Daar is slegs  een  aspek  van skool  waaroor  ons  geensins  kan onderhandel nie en dit is akademie.

Ons mag egter nooit vergeet dat ‘n skool kindgedrewe moet wees en kinders se belange altyd eerste gestel moet word nie.   Kinders moet  gemotiveer  word om deel te wees van ‘n groter en kompeterende samelewing  sonder om  die kind,  in die primêre skool, se reg om nog “kind” te wees, van hom af weg te neem.

Daarom moet ons as onderwysers en u as ouer, ons kinders leer hoe  om tyd te  bestuur  en sy/haar  dag te beplan.   In ‘n aktiewe kind se lewe vandag is daar  al hoe minder  tyd om net kind te wees.